Nguni Breeders Society of Namibia

OUHAVE NGUNI STOET

P.O.Box 1866
OTJIWARONGO
TEL. 00264 67 306209/0813255297
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

DIE BEES WAT DIE BOER DEUR DIE DROOGTE HELP EN NIE DIE BOER DIE BEES NIE.

Die plaas, Ouhave, is tussen Okahandja en Otjiwarongo in die ooste gelëe. Ons gemiddelde rëenval is 320mm per jaar.
Vandag is ek bevoorreg om 8 verskillende telers se bloedlyne in my stoet te integreer. Tydens die opbou van my kudde het sanga en nguni bloedlyne geïntegreer en ek teel nie n spesifieke lyn nie.
Die bulle loop permanent by die koeie wat ek in teelgroepe gesorteer het. Om inteling te voorkom, wissel ek die bulle tussen die teelgroepe en skaf gereeld nuwe bulle aan.
My leuse vir my stoet is vrugbaarheid, aanpasbaarheid en goeie kwaliteit.

 

VRUGBAARHEID

Die versies loop permanent by die teelgroepe om beset te raak wanneer sy geslagsrypheid bereik. Koeie moet in staat wees om hul kalwers self te speen. Deur gereelde dragtigheidsondersoeke stel ek vas wat die koei se status is.

 

AANPASBAARHEID

In die sandveld het die weiding n fosfaat tekort wat ek aanvul en geen ander aanvullende vitamiene of minerale word gegee nie. Geen bosluisbeheer word toegepas nie.Die ras moet uniek bly soos deur Moeder Natuur geselekteer.

 

KWALITEIT

Ek het tot senior keurder gevorder en is baie krities op my bulle. Bulle wat ek aanbied, ondergaan BVD-,vrugbaarheid- en geslagsiekte toetse. Goeie kwaliteit wat n goeie temperament insluit, is vir my belangrik.

By die jaarlikse nasionale veiling bied ek verse en koeie aan wat nie minder as 7 op die Namibiese keurderskaart gekeur was nie. Nguni’s is altyd van die plaas beskikbaar vir verkoop.